Wat ons doen
KUNSTENAARBESTUUR
Van die land se grootste en suksesvolste kunstenaars vertrou ons om met ons kundigheid en kennis hul loopbane in totaliteit te bestuur. Langtermyn handelmerkbeplanning en -posisionering asook bemarking vorm deel hiervan.
PROJEKBESTUUR
Ons bestuur jou geleentheid in geheel – jou regterhand van A tot Z. Ons fokus op elke klein detail en sal jou geleentheid onvergeetlik maak. Van ons kliënte sluit die land se grootste korporatiewe maatskappye en publikasies in.
BRAND DEVELOPMENT
Elke kunstenaar, net soos ‘n onderneming, is ‘n handelsmerk. Ons vat hande met leiers in hierdie gebied om seker te maak ons kunstenaars se handelsmerke word optimaal ontwikkel en posisioneer vir langtermyn sukses.
KUNSTENAARBESPREKINGS
Bespreek al jou gunstelinge op een plek. Vir spoedige, professionele diens met min administrasie. Ons sien om na jou belange – of dit ‘n enkele funksie, venue met gereelde besprekings of ‘n hele fees is… Gesels met ons vir die regte pakket.
BEMARKING
Bemarking is sentraal tot enige handelsmerk en die vermaakbedryf is geen uitsondering nie. Gesels met ons oor jou individuele bemarkingsplan. Sosiale media speel daagliks ‘n groter rol en ons fokus spesifiek op hierdie groeipunt.
ANDER
Ons help jou met alles wat jy benodig vir jou geleentheid – klank, beligting, AV, verhoog, mobiele verhoog, DJ’s, record en soveel meer. Gesels met ons oor jou spesifieke behoeftes!